Nuwe gebou – Nuwe seisoen!

Nuwe gebou – Nuwe seisoen!

Sedert Sondag die 18de Junie 2017 het ons in ons “eie” en “nuwe” en “amper”voltooide gebou in Sandbaai, Hermanus Kerk begin hou. Die geloofsreis wat ons saam met Jesus as gemeente die sowat afgelope drie jaar onderneem het was “amazing” (en is steeds!). Ons kan eerlik getuig dat ons ‘n God dien wat wonders doen; deur die Here se genade is hierdie gebou tot dusver kontant gebou en ons vertrou Hom dat die oorblywende gedeelte ook so sal wees!

Die gebou is van so aard dat ons tans daar kerk kan hou met al die nodige geriewe. Ons bouprojek is egter nog nie klaar nie; ons beoog om ‘n sysaal aan te bou vir meerdoelige gebruik maar dis veral met die oog op ons kinder & jeugbediening bedoel.

Daar word ook beplan om ‘n gallery te bou; parkering moet afgehandel word ens. Daar’s nog heelwat werk (en baie bid-werk!) wat gedoen moet word.

Dankie vir elkeen wat op hul unieke manier betrokke is by hierdie gemeente en projek;

Ons bid dat die Here elkeen van julle dubbel en dwars sal seen!

2017-08-12T04:09:22+00:00