Is jy ingeskakel?
Ons naweekdienste se doel is om jou die basiese beginsel van die Christelike geloof op ‘n praktiese wyse mee te deel. Vir verdere geleenthede om te groei in jou verhouding met Jesus Christus, wil ons jou aanmoedig om by een van ons onderskeie kleingroepe in te skakel.
Om geestelike versorging, ware omgee en liefde soos Jesus dit in Joh 13:34 beskryf te beleef, nooi ons jou om gerus deel van ‘n kleingroep te word. Voel vry om met enige van ons kleingroepleiers hieronder in verbinding te tree.