Ons Kinderkerk

Ons kinderkerk is iets waaroor jy en jou kinders opgewonde kan wees! Waar Bybelse waarhede op ‘n kreatiewe manier en op elke kind se unieke ontwikkelingsvlak aangebied word. Die kinderkerk vind plaas tydens oggenddienste gedurende skoolkwartale. Dit is vir kinders 3jr-Gr.7. Na afloop van die gemeentesang beweeg al die laerskool kinders saam met die onderwysers na die kinderlokaal.

Vir enige navrae hieroor skakel gerus: 083 707 0429

Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”

Lukas 18:15-17