
Ons gemeente verskaf weekliks kos aan ‘n hele aantal gesinne. In die verlede het ons kos van Supermarkte as donasies gekry maar dit is nie genoeg nie. Ons doen ‘n vriendelike beroep op jou om betrokke te raak by die volgende projekte:
Nie-bederfbare produkte
Ons benodig nie bederfbare produkte soos blikkieskos, suiker, pasta ens. wat in ’n houer by ons toonbank op Sondae geplaas kan word
Skooltoebroodjie – projek
‘n Projek wat al baie jare aan die gang is, ‘n aantal vrouens vanuit die gemeente en gemeenskap voorsien daagliks toebroodjies aan die Laerskoolvir +/- 25 kinders.
Ons help ook maandeliks hulpbehoewende gesinne met koopbewyse.
Indien jy belangstel om betrokke te raak by hierdie departement skakel gerus die kerk kantoor by 083 707 0429
Ons bankbesonderhede:
FNB Hermanus
AGS Hermanus – Uitreike
Rek.nr.: 62633505584
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
1 Timoteus 6:12
Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.
Deuteronomium 15:11


















