Wie is ons?

Ons is mense onder konstruksie; ons is met God op pad en Hy met ons; almal is hier welkom; ons leef in die spanningsveld van dit wat ons “alreeds” is en dit wat ons “nog nie” is nie.

Ons is mede-werkers wat help dat God se Koninkryk in ons wêreld deurbreek; ons is ‘n gemeenskap van jonk en oud wat die fondasie wat deur ons voorgangers gelê is erken.

Ons vra mekaar voortdurend uit oor ons rol in die wêreld en hoe die Heilige Gees ons kan help om beter verteenwoordigers van Jesus te wees.

Ons hou vas aan die wonderlike vooruitsig van ‘n ewige toekoms saam met Jesus maar ons leef nie met ‘n ontvlugtings-mentaliteit nie – want die aarde en alles daarop, hoe broos en deurmekaar dit ook al mag wees, behoort aan die Here.

Ons visie kom uit Esegiël 47:9, “…waar die stroom kom, sal alles lewe…”

Ons leef om Jesus te ken en Hom bekend te maak.

Aanbiddingsfasiliteit

Ons is bevoorreg om ons eie aanbiddingsfasilliteit te hê. Sien gerus die aanwysings en padkaart onder die “kontak ons” – menu op ons webtuiste.

Feesdienste

Ons feesdienste word gekenmerk deur opregte en sielsvolle lof en aanbiddding asook relevante prediking en lering.

Ons wil jou graag ontmoet

Kom loer gerus in, bring die hele familie en kom drink gerus ‘n koppie koffie (of tee) saam. Ons leierskap sien uit om jou/julle daar te ontmoet.

VERNUWE

VERDIEP

VERTEL

Maak gerus kontak

Volg ons ook op Facebook